Info: Your browser does not accept cookies. To put products into your cart and purchase them you need to enable cookies.
E-mail
(13) Mei-Jun 2008(14) Jul-Aug 2008

(13) Mei-Jun 2008
View Full-Size Image


(13) Mei-Jun 2008

Price per Unit (piece): R20.00

Ask a question about this product

Gebrokenheid is waar God tuis voel. God kan Homself hiermee vereenselwig omdat Hy as mens ook gebroke was. Wanneer satan jou breek, is dit om jou te vernietig, maar wanneer God gebrokenheid na jou toe bring, is dit om jou te herstel, te herbou en te laat herlewe. Gebrokenheid en nederigheid is die dieselfde grond waaruit vrugbaarheid voortspruit. God kan ook gebroke mense vertrou, want hulle is afhanklik van Hom. Gebrokenheid is die fondasie waarop God met edelstene van geloof, vertroue en hoop bou. Dit is die grondslag teen alle aanslae van hoogmoed. God het ook belowe om nie ’n geknakte riet te breek nie, maar om dit te verbind met Sy liefde sodat dit weer kan heg. As jy tans gebrokenheid beleef, al verstaan jy dit nie, onderwerp jouself aan God en Sy wil in jou lewe. As jy jou gebrokenheid aan God gee, dan sal Hy Sy heelmaking met jou deel, want God se doel met gebrokenheid, is volmaaktheid.