Info: Your browser does not accept cookies. To put products into your cart and purchase them you need to enable cookies.
E-mail
'n Venster van geleentheid(02) Apr-Jun 2006

(01) Jan-Mrt 2006
View Full-Size Image


(01) Jan-Mrt 2006

Price per Unit (piece): R20.00

Ask a question about this product

Dikwels het die vraag al opgeduik, hoekom begin julle nie 'n kerk van julle eie nie? Daar was selfs al aanbiedinge om voltyds by verskeie gemeentes in te skakel. God het dit telkemale egter op ons harte gelê om dit van die hand te wys. Dit waarvoor die Here ons geroep het, is om die reeds bestaande kerke, gemeentes en leierskap te bedien en te bemoedig. Van 1989 is dit presies wat ons gedoen het. Met 360 dienste 'n jaar regoor die land, het die Here vir ons 'n groot platform gegee om die Woord te bring aan dié wat honger is. Ons het in 2000 begin om die preke op cd's beskikbaar te maak en het in 2002 met 'n cd-klub begin. Lede kan elke maand die jongste preek op cd in die pos ontvang. Hoe meer ons reis en hoe meer cd's gesny word, hoe duideliker word dit dat die Afrikaner Christen hongerder as ooit vir God is! Die geestelike verdieping en groei wat in die land gebeur, beteken net een ding: Dat God gereedmaak om ons land weer te besoek met 'n unieke salwing en teenwoordigheid van sy Gees. Uit hierdie wete is MANNA gebore om die geestelike groei van die gelowiges aan te moedig. Net soos die naam van die tydskrif, MANNA, is dit kos vir die siel. Mag dit jou voed, opbou en verryk. Ons bede vir jou is dat jy daagliks nader aan God sal beweeg. -Gary Kieswetter-